Know Thyself

‘Know Thyself’ expressed through Afrikaans poetry

OM JOUSELF TE KEN, IS GELUK

Gaan uit in die woestyn
Reis om jouself te vind
Verryk jou lewe
Moenie geloof in jouself verloor nie.

Wees lief vir wie jy is,
Wees lief vir jouself.

Oorwin jou reis
Word wedergebore
En jy sal verstaan,
Jy is die meester van jou lewe.

Wees lief vir wie jy is,
Wees lief vir jouself.

Word gelukkig met wie jy is
Moenie skaam wees nie
Jy is uniek
Wees trots daarop.

Weet wie jy is,
Ken jouself.
Wees jou eie persoon,
Moenie beïnvloed word nie
Jy is pragtig,
Omdat jy jouself ken.

Hannah Hill (Graad 9)

 

EK KEN MYSELF

Ek lyk nogal stil
Maar moenie dat ek julle kul
Ek hou van sosiaal verkeer
Dit gee my die geleentheid om meer te kommunikeer
Kuns en drama is my kos
En hierdie stokperdjies sal ek nooit los
Ek hou ook van basketbal
My liefde hiervoor sal nooit verval
Ek het n spesiale band
Met my gunstelling vakansieplek Griekeland
Hier kan ek myself wees
Sonder enige vrees

CHRISTINA SALAMOUSAS (Graad 9)

 

KEN JOUSELF

Op ‘n dag terwyl ek in die straat afstap
het ek ‘n ou hond gesien en hy het na my gekyk
Op en af
Af en op
Op af. Na bo. Op. Op. Af na onder
En hy het gesê: “Ken jouself”
Ek het nie daaraan gedink en gedaal nie.

Die volgende dag stap ek in dieselfde straat af
Ek het ‘n ou motor gesien en hy het na my gekyk
Op en af
Af en op
Op en af, na bo
En hy het gesê: “Ken jouself”
Ek het nie daaraan gedink en saamgery nie.

Op dieselfde dag het ek die kat en die hond gesien en hulle het gevra wie ek is
Ek was sprakeloos
En so hou die kat ‘n spieël op
En ek het na myself gekyk
Op en af
Af en op
Op en af na bo
Ek het geen voorkoms gehad nie
Ek het geen glimlag gehad nie
Ek het geen emosie gehad nie
Daar was niks.

Dus het ek besluit om tyd te neem totdat ek in daardie straat verby die ou kat en hond gaan
En die dag toe ek die ou hond en kat sien
Het hulle my nie op en af gekyk nie
Hulle glimlag en wys my die spieël

Ken jouself
beteken, om te weet wie jy is
Binne en buite
Weet wie jy is
Emosioneel en fisies
Om jou hart te ken
Jou waarde
Jou doelwitte
Jou verantwoordelikhede
Jou passies

So kyk jouself volgende keer op en af
Op en af op en af na onder
Totdat jy jouself “ken”
“Ken jouself”
Binne en buite
Buite en binne

Zoe Smyrnios (Graad 9)